Dis 'n werk waarvoor min mense sou kans sien – om die leier van 'n party te word wat in die nasionale verkiesing vanjaar slae gekry het en ná die bedanking van die vorige leier 'n manier moet kry om dié steun te probeer terugwen.
Maar die man wat pas as die tussentydse leier van die Demokratiese Alliansie (DA) verkies is, lyk sowaar lus vir die uitdagings wat voorlê. En hy het oënskynlik 'n plan.
“Die kiesers het vir ons 'n boodskap gestuur, en ons het gehoor. Ons het uitgewerk waar dinge verkeerd gegaan het, en ons gaan dit regmaak . . .”