book-icon Uitgawe 22 September 2022

HG-legende se verbintenis met die Britse monargie – as mens en as joernalis

akkreditasie
Elretha Louw en Koningin Elizabeth II.
Elretha Louw en Koningin Elizabeth II.

Die tyding het te gou ­gekom. Skaars 90 mi­nute nadat ek die nuus vroeg­aand oor die radio gehoor het dat daar groot kommer oor koningin Elizabeth se gesondheid heers en haar familielede hulle na haar Skotse landgoed Balmoral haas, lees ek in die nuus: “Die koningin is dood: Wat gebeur nou?”

Nee, dink ek, dit kan nie wees nie. Dis seker net ’n berig wat skets wat sal gebeur as sy nou sou sterf, stel ek myself gerus. Maar die werklikheid dring tot my deur toe ek op TV sien hoe die amptelike aankondiging van haar dood volgens die eeue oue gebruik teen die heining by Buckinghampaleis vasgemaak word.

Waarom die skok? Die ongeloof? Die verslaentheid? Koningin Elizabeth was immers al 96, ’n tenger, geboë figuurtjie wat in die afgelope tyd soms leunend op ’n kierie in die openbaar verskyn het – iets wat sy vroeër soos die pes vermy het. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in