Deel

‘Huisgenoot Blokraaibestes’-wenner sterf: 'Sy was Augrabies se Florence Nightingale'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sy het die hele dorp se wonde reggedokter, selfs ná haar aftrede as verpleegsuster.
Die blokraaiwenner van Episode 7, Louise Schoeman,
Die blokraaiwenner van episode 7, Louise Schoeman, is onlangs oorlede en sy het altyd alles voluit gedoen, sê Elmien Hanekom, Louise se dogter. Foto: Verskaf.

Louise Schoeman van Augrabies, die wenner van episode 7 van Huisgenoot Blokraaibestes, is onlangs oorlede weens covid-19-komplikasies. 

Haar dogter, Elmien Hanekom, is nog baie hartseer oor haar ma se dood, maar vertel trots dat haar ma nog altyd 'n raakvatter was. 

Omdat Augrabies se naaste hospitaal op Upington is, het die hele dorp by Louise aangeklop wanneer daar ’n noodgeval was. En sy was altyd bereid om te help, ook in die middel van die nag. Sy moes selfs soms veaarts speel wanneer ’n slang iemand se dier gespoeg het, vertel Elmien. 

Louise, wat 16 jaar matrone was by die ouetehuis op Kakamas en later ’n tuiskliniek bedryf het, het nog tot kort voor haar dood bloed getrek en haar man, Jan, wat ’n diabeet is, versorg.

Ná haar aftrede as matrone het sy dikwels op Kakamas gehelp om die bejaardes se naels te doen en hul wonde skoon te maak.

“Soveel tannies stuur nou ná haar dood al die mooi stories aan waarvan ek nie eens geweet het nie. Sy het hoeveel keer in die nag of oor ’n naweek families gaan ondersteun wanneer ’n tannie op haar sterfuur is,” vertel Elmien. 

Louise was ’n baie gelowige vrou en was by al wat ’n kerkgeleentheid en basaar was betrokke, vertel Elmien. “Ons het altyd gespot dat sy die dominee sal reghelp as hy sy verse verkeerd lees, want sy het haar Bybel baie goed geken." 

Elmien en haar broer, Johan de Kock, het in Desember gehoor dat hul ma siek is. Sy is op 3 Januarie in die hospitaal opgeneem en drie weke later, op 24 Januarie, oorlede. 

“Sy was net eenvoudig wonderlik,” voeg Elmien by.

Louise was ’n gesoute blokraai-invuller wat altyd
Louise was ’n gesoute blokraai-invuller wat altyd al die obskure woorde geken het, vertel Gerda Engelbrecht, saamsteller van 'Huisgenoot Blokraaibestes' se blokraaie. Foto: Verskaf.

Louise se blokraailiefde

Louise was gek oor blokraaie en het byna nooit ’n woordeboek gebruik om ’n oplossing te vind nie. Sy was baie in haar skik oor haar deelname aan Huisgenoot Blokraaibestes, vertel Elmien. 

“Sy was baie lief vir taal. Sy was nie eintlik een vir storieboeke nie, maar het baie van tydskrifte gehou, maar nét as hulle blokkiesraaisels inhet,” sê Elmien.

Louise het graag deelgeneem aan Blokraai Regstreeks, ’n aanlyn speletjiesaand wat Huisgenoot een keer per maand vir blokraaigeesdriftiges aanbied. By dié geleentheid was sy altyd een van die staatmakers, vertel Gerda Engelbrecht, aanbieder van Blokraai Regstreeks en een van Huisgenoot se blokraaiopstellers. 

“Dit het nie oor wen of verloor gegaan nie. Dit was vir haar net lekker om te speel. Sy was so gelukkig,” vertel Gerda. 

"Dit is mense soos Louise wat die blokraaisaamstellers op hul tone hou om met nuwe, interessante woorde vorendag te kom," sê Gerda. “Ek is baie spyt my blokraaivriendin is nie meer met ons nie. Ons gaan haar mis by Blokraai Regstreeks.” 

  • Louise sal weer te sien wees in die halfeindronde wat op Maandag 28 Februarie uitgesaai word. 
  • 'Huisgenoot Blokraaibestes' word Maandae om 20:00 op VIA (kanaal 147 op DStv) uitgesaai. Herhalings is Vrydae om 22:30 en Sondae om 11:00.
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenoot se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees