Hulle was op ’n toe-oë-afspraak in sy woonstel, toe word ’n inperking afgekondig…

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sy het bloot op ’n toe-oë-afspraak gegaan, maar toe word ’n inperking aangekondig en moes sy dae lank by die man bly.

’n Chinese vrou het opslae gemaak nadat sy haar storie op die Chinese sosiale media gedeel het en vertel het hoe sy vier dae lank by ’n wildvreemdeling moes bly. 

Volgens me. Wang het haar ouers vir haar 'n toe-oë-afsprake gereël sodat sy iemand kan ontmoet. 

“Ek raak nou nogal oud en my ouers het vir my 10 afsprake met mans gereël.”

En met haar vyfde afspraak, in die stad Zhengzhou, is sy sommer toe saam met die man vasgekeer nadat sy by sy huis gaan eet het. 

Dié man het vir haar vertel hy kook nogal goed en het haar na sy huis genooi sodat hy vir hulle kon kook. 

Maar terwyl hulle besig was om hul maaltyd te geniet, is ’n inperking afgekondig in die gebied waar dié man woon nadat covid-19-gevalle toegeneem het. 

Dít het beteken dat sy vir dae in die man se huis vasgekeer was. 

Me. Wang sê sy moes vier dae lank in die man se huis bly en het die situasie as “nie ideaal nie” beskryf, al het die man elke dag vir hulle gekook. 

Dié man het glo nie baie gesels nie en sy kookery was glo eintlik maar “so-so”, hoewel hy darem baie moeite gedoen het. 

“Om saam met iemand in ’n woonstel te woon wat jy skaars ken… Dit het my baie ongemaklik en verneder laat voel. Hy praat ook baie min,” het sy aan die media gesê. 

Volgens me. Wang, wat in die 1990’s gebore is, het die man elke dag gewerk en sy woonstel skoongemaak. 

Me. Wang het intussen die video’s wat sy oor haar ervaring gemaak het, van forums af verwyder omdat die man se vriende hom gebel het. 

“Vriende het hom gebel, en ek dink hierdie het beslis sy lewe beïnvloed. Ek het die video’s dus vir nou verwyder,” sê sy. 

Volgens The Global Times is meer as 100 covid-19-gevalle hierdie afgelope week in Zhengzhou aangemeld. 

Teen Dinsdag moes nienoodsaaklike ondernemings hul deure sluit terwyl pogings om mense vir covid-19 te toets opgeskerp is. 

Bronne: BBC, ABC News, NZ Herald, CNN, The Guardian

Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees