Dít het Min-Jae Cho (MJ) aangespoor om snaakse video’s te maak waarin hy Suid-Afrika se diversiteit uitbeeld.
Die 25-jarige MJ het vinnig ’n TikTok-sensasie geword nadat hy sy video’s op dié platform begin deel het.
MJ vertel vanuit Durbanville in Kaapstad hy is aanvanklik van Seoul in Suid-Korea, maar sy familie het na Suid-Afrika verhuis toe hy een jaar oud was.