book-icon Uitgawe 19 Mei 2022
Deel

Jeffreysbaai-pa maak hart oop: My vrou en dogter veg albei teen kanker

akkreditasie
Die Terblanche-gesin: Ma Christel en pa Riaan by hul kinders, Johann en Ané. Kanker is by Christel én Ané gediagnoseer. Foto: Verskaf
Die Terblanche-gesin: Ma Christel en pa Riaan by hul kinders, Johann en Ané. Kanker is by Christel én Ané gediagnoseer. Foto: Verskaf

“Ek is meer realisties en sê ’n ding soos ek hom sien; die feite voor my. Mense moet ook nie aan my karring nie. Maar hierdie ding verander my. My vrou en kind inspireer my om sagter na die lewe te kyk.”

Sy dogter, Ané (10), was net twee jaar oud toe kiemselkanker, wat op die eierstokke voorkom, by haar gediagnoseer is. Agt jaar lank was haar ma, Christel (38), haar rots – maar in Maart vanjaar is kanker ook by Christel gediagnoseer. Die dag voor Huisgenoot se Zoom-onderhoud met Riaan is Christel ná behandeling vir Ewing-sarkoom, wat die been en weefsel aanval, uit die Vincent Palotti-hospitaal buite Kaapstad ontslaan.

Ané was kort voor ons druktyd nog in die Rooi Kruis-kinderhospitaal in die Moederstad vir behandeling vir leukemie, waarvoor sy ’n beenmurgoorplanting moet kry. Wat die uitdaging soveel groter maak, is dat pa, ma en dogter in hierdie moeilike tyd dikwels nie saam kan wees nie. Hulle woon op Jeffreysbaai en Riaan, wat veemedisyne bemark, moet baie reis.

“Vlieg of ry, vir my werk sien ek kliënte van Cradock tot Tulbagh en Ceres, en dan weer deur Mosselbaai huis toe,” vertel hy. Hy sien sy vrou en dogter wanneer sy werkreise dit toelaat.

Deesdae is Christel en Riaan se ma’s die gesin se steunpilare. Tydens ons onderhoud met Riaan was Christel op Yzerfontein by haar skoonma, Joey Terblanche, om aan te sterk.

“Christel is baie moeg en naar. Sy rus nou daar,” vertel Riaan. Joey versorg ook die afgelope ruk Christel en Riaan se outistiese seun, Johann (12).

En Christel se ma, Joan van der Merwe, het van Bloemfontein gereis om by Ané se hospitaalbed te wees. “My skoonma was juis vanoggend by haar; sy lyk baie beter, en ons hoop regtig sy sal vandag uitkom,” vertel Riaan.

“Skoonpa Johann Terblanche vervoer ons omdat ek nie kan bestuur nie en het ook al na Ané gekyk in die hospitaal toe ek nie kon nie,” laat Christel weet. Maar hoe gou hulle almal weer saam tuis sal wees – en vir hoe lank – is nog onseker.

Riaan se werk is nie al rede waarom hy vandag oor Zoom met Huisgenoot praat nie. Hy verkies dit so weens die landwye styging in covid-infeksies, want die mediese behandeling verswak sy vrou en dogter se immuunstelsels.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees