Jong vrou maak oop: My stryd met boelies, aknee en die liefde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Patsy Chem, ’n 26-jarige student van Londen, Engeland, het twee jaar gelede die eerste keer ernstige sistiese aknee gekry weens stres en ’n eetsteuring.
Patsy Chem, ’n 26-jarige student van Londen, Engel
Patsy Chem, ’n 26-jarige student van Londen, Engeland, het twee jaar gelede die eerste keer ernstige sistiese aknee gekry weens stres en ’n eetversteuring. Foto: mediadrumimages/@cystur/Magazine Features

Sedertdien het ’n dapper Patsy haar persoonlike stryd gedeel om haar veltoestand te oorkom, en hoewel sy aanlyn ondersteuning gekry het, is sy ook geboelie.

“Ek loop deur onder aanlyn trolle omdat ek foto’s van my vel deel, en dis soms moeilik, maar dit pla my die meeste van die tyd glad nie,” sê sy. “Dit maak my wel hartseer om te dink mense is steeds so bevooroordeeld oor so ’n algemene veltoestand.

“Ek kry dikwels mense, hoofsaaklik mans, wat braakgesig-emoji’s as kommentaar op my foto’s lewer, of vir my sê ek sal nooit ’n kêrel met so ’n vel kry nie – en dis snaaks, want ek is al jare lank in ’n verhouding.  Dit beklemtoon net die vrouehaat waarmee ons steeds omring word en die standaarde waaraan ons moet voldoen wat voorkoms betref.

Patsy is reeds jare lank in 'n verhouding. Foto: M
Patsy is reeds jare lank in 'n verhouding. Foto: mediadrumimages/@cystur/Magazine Features

“Die vreemdste ding wat enigiemand al ooit aanlyn gedoen het, was om vir my ’n gedokterde weergawe te stuur van ’n foto wat ek gedeel het en vir my te sê ek ‘sal mooi wees as ek meer soos dit lyk’.

“Dit was ontstellend, want ek het pas die blad begin en het baie kwesbaar gevoel.”

Sy het die dokter besoek nadat haar maandstonde opgehou het. Sy het toe medikasie gekry om die probleem te help bekamp. “Ek het oor my wange begin uitbreek en voorbehoedmiddels is voorgeskryf wat regtig nie met my liggaam geakkordeer het nie – dit het my nog meer depressief en angstig laat voel,” sê Patsy.

“Ek het ná drie maande opgehou om die middels te gebruik, en dis toe dat my sistiese aknee op sy ergste was, rondom Maart 2020.

“Ek was moedeloos. Die wortel van die probleem is nie aangespreek deur die dermatoloog wat ek geraadpleeg het nie – ek is kitsoplossings aangebied in die vorm van sterk medikasie met baie newe-effekte.”

Kitsoplossings het gepaard gegaan met baie newe-ef
Kitsoplossings het gepaard gegaan met baie newe-effekte. Foto: mediadrumimages/@cystur/Magazine Features

Patsy wou nie meer uitgaan en tyd saam met vriende deurbring nie aangesien sy bekommerd was oor haar aknee en obsessief daaroor geraak het.

“Ek was bang om in die spieël te kyk en het altyd my vel met grimering en my hare weggesteek.

“Ná ’n jaar het ek my reis met sistiese aknee gedeel omdat ek so alleen gevoel het en ek kon dit nie meer hanteer nie. Ek het reeds vel-positiewe skeppers aanlyn gevolg wat werklik gehelp het met my geestesgesondheid en het geweet dat ek ook ander sou kon help met die ongewone genesingsroete wat ek besluit het om te volg.

Medikasie wat voorgeskryf was, het nie vir Patsy g
Medikasie wat voorgeskryf was, het nie vir Patsy gewerk nie. Foto: mediadrumimages/@cystur/Magazine Features

“Ek het my liggaam holisties begin genees – my maandstonde het natuurlik teruggekeer en ek het besef dat my probleem hormonaal is nadat ek verskeie bloedtoetse gedoen het. Ek het saam met ’n voedingkundige en natuurgeneesheer gewerk om my hormonale gesondheid te genees deur stresbestuur, dieet, aanvullings en ’n konsekwente velsorgroetine.

“Ek het so bemagtig gevoel deur my vel – sonder enige produkte daarop – op Instagram te deel, want ek het vir die eerste keer gevoel asof ek aanvaar word nes ek is. En ek kry elke dag soveel positiewe kommentaar van mense wat my vertel hoe my blad hul geestesgesondheid verbeter. Dit is hierdie oomblikke wat dit ’n baie waardevolle blad maak om te bestuur.

“Ek voel daar word leuens aan ons verkoop wat velsorg- en akneebehandelings betref, en om ’n deursigtige en eerlike storie te kan bied, is baie waardevol vir mense.

Patsy se veltoestand het die afgelope jaar verbete
Patsy se veltoestand het die afgelope jaar verbeter sedert sy haar stresvlakke verlaag en haar dieet verander het. Foto: mediadrumimages/@cystur/Magazine Features

“Ek het in die vroeë 2000’s grootgeword en al my rolmodelle het kristalhelder vel en plankdun lywe gehad, wat bygedra het tot my probleme met selfvertroue.

“Ek voel dat ons generasie die mag het om hierdie standaarde ál meer uit te daag omdat kinders deesdae baie meer opkyk na aanlyn persoonlikhede (beïnvloeders en skeppers) as na beroemdes.

“Om met groot velsorghandelsname te kan saamwerk, is ’n wonderlike geleentheid om die retoriek te verskuif dat gedokterde vel ’n haalbare doelwit is. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie invloedryke handelsname eindelik natuurlike skoonheid en egte vel begin omhels, en ek voel dat ek deel is van ’n baie belangrike selfaanvaardingsbeweging.”

Patsy het saam met ’n voedingkundige en natuurgene
Patsy het saam met ’n voedingkundige en natuurgeneesheer gewerk om haar hormonale gesondheid te genees deur stresbestuur, dieet, aanvullings en ’n konsekwente velsorgroetine. Foto: Magazine Features

Patsy se veltoestand het die afgelope jaar verbeter sedert sy haar stresvlakke verlaag en haar dieet verander het.

“Eerstens was ’n verandering van ingesteldheid – om te leer om my vel en liggaam te aanvaar en lief te hê en my ongesonde verhouding met kos reg te stel – die sleutel om my stresvlakke te verminder.

“Wat my dieet betref, is ek eintlik deur my voedingkundige aangesê om ná vyf jaar van vegetariër wees weer vleis te begin eet om te help met ystervlakke aangesien ek ’n tekort gehad het, en ek het ook baie groente begin eet.

Sy het ook baie kruisdraende groente begin eet om
Sy het ook baie kruisdraende groente begin eet om hormone te balanseer. Foto: mediadrumimages/@cystur/Magazine Features

“Ek het kosse met baie suiker en suiwel verminder, maar as gevolg van my geskiedenis met eetsteurings eet ek steeds ’n bietjie suiker, en ek volg die 80/20-metode waar ek vir 80% van die tyd redelik gesond eet en dan vir 20% van die tyd eet ek wat ek wil.

“Die hoofbron van genesing van die liggaam kom deur die liggaam as een hele sisteem te hanteer, ’n begrip te hê van die onderliggende oorsaak en om geduld te hê terwyl jy daarna luister en sy behoeftes aanspreek.

“Dis ongelukkig nie ’n kitskuur nie – maar vir my kom dit in die vorm van selfaanvaarding.”

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees