3 aangrypende liefdesverhale: '2 van my vroue is vermoor' en meer

akkreditasie
Die liefde is nie altyd maanskyn en rose nie, en vir sommige is dit ’n hartseer verhaal. Soms kan mense dié hartseer oorkom, ander kere nie.

In Huisgenoot se podcast, L is vir Liefde vertel ons ware, seldsame liefdesverhale en hier is die drie stories wat ons ’n traan (of meer as een) laat pink het vanjaar.

Ep. 5: “Twee van my vroue is vermoor – straf God my?” 

Dit is uiters traumaties om ’n geliefde aan die dood af te staan. Wat nog as sy voor jou vermoor word?

Dié man se eerste én tweede vrou is op sy plaas net buite Pretoria voor sy oë vermoor en hy kon niks doen om hulle te red nie. Dié storie is nie net hartseer nie; dit wys ook dat party mense nooit werklik met hul lewe kan aangaan nadat hulle geliefdes vermoor word nie. 

Ep. 9: “Twee fietsry ongelukke en ’n tweede ware liefde” 

Ná ’n traumatiese fietsry-ongeluk waar sy weke lank aan ’n hospitaalbed vasgekluister was, het haar man haar al die pad ondersteun. Wie sou kon raai dat hy self kort ná haar ongeluk op sy fiets sou sterf?

Maar dié storie het ’n gelukkige einde en bewys dat vir sommige gelukkige mense is daar nie nét een pasmaat nie. 

Ep. 10 “Liefde soos uit ’n fliek”

Jou oë gaan dalk glaserig raak of jy gaan verlang na iemand wat jy nie ken nie.

Dié liefdesverhaal is so reg uit ’n fliek. ’n Sanger se oog tref iemand s’n in die gehoor en in daai oomblik weet hulle albei – daai is my sielsgenoot. Dié paartjie het talle struikelblokke gehad, maar op die ou end, seëvier hul liefde.

L is vir Liefde word elke eerste Vrydag van die maand opgelaai. Jy kan op enige platform waar jy na podcasts luister gratis na dié episodes luister. Gaan loer gerus na die ander episodes van dié podcast. Daar is skokkende liefdesverhale en alledaagse verhale van uitsonderlike liefde.

In die woorde van I.G du Plessis: “Die liefde neem ’n duisend vorme aan” en dié podcast vier dit beslis!

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees