book-icon Uitgawe 11 Augustus 2022

Bejaarde leser skryf: 60 hoef nie ’n aftree-oord te beteken nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Desiree Ellis.
Desiree Ellis.

En nes die padteken het my lewe skielik ses kante: oorbegin (al is dit vreesaanjaend); naderende afskeid (want die aftreeoord roep); twyfel (het ek die regte nuwe tuiste gekies?); verhuising (al is my energie leeg getap); my lewe in bokse (wat moet ek agterlaat?); en angs (sal daar plek wees vir alles?). 

Dan sien ek haar op die televisienuus: Desiree Ellis, wat op 59 in Rabat, Marokko, die trofee ontvang vir sokker se vroueafrigter van die jaar. Dit nadat ons Suid-Afrikaanse vroue­span, Banyana Banyana, die Afrika-trofee verower het. “Vir almal daar tuis!” sê sy op die podium.

Ek verwonder my aan haar. Sy is net een jaar jonger as ek, maar haar lewensprentjie is een van jeugdige veerkrag en energie. Sy self het eers op 30 vir die nasionale span begin speel! En in my gedagtes begin ek die kopskuif maak: As sy kan, dan kan ek mos ook. Ek kan die volgende podium van die lewe gaan bestyg. My gesondheid is goed, en 35 jaar in die onderwys het my insigte en wysheid vir nuwe weivelde gegee. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in