Daar’s swingers en meer – liefdesverhale wat oë laat rek

akkreditasie
Vier van die skokkendste liefdesverhale van L is vir Liefde
Vier van die skokkendste liefdesverhale van L is vir Liefde

Byna ’n jaar lank vertel L is vir Liefde, die Huisgenoot-podcast oor die liefde en vreemde en ware liefdesverhale. Een keer per maand word dié Afrikaanse podcast opgelaai en enigeen kan gratis daarna luister. 

Die eienaar van ’n swingers-klub beantwoord al daardie vrae wat jy nog altyd gehad het oor dié leefstyl. Hy en sy vrou is reeds 15 jaar swingers. Die man praat oor hoe die vooraanstaande klub in Gauteng higiënies gehou word, watter ‘reëls’ paartjies in dié leefstyl het en of hulle ooit jaloers raak.

’n Merkwaardige paartjie vertel van hul stryd en aanvaarding toe een van hulle as ’n transgender uit die kas geklim het. Hoe hulle deur talle familie en vriende verwerp is, maar steeds besluit het om getroud en getrou aan mekaar te bly. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees