book-icon Uitgawe 13 Mei 2021

Die hoop wat kaas vir my familie se melkboerdery gebring het

akkreditasie
Janetta Basson en haar pa, Jan Conradie, het in 2017 besluit om hul melkboerdery uit te brei deur hul eie kaas te begin maak. Foto: Verskaf
Janetta Basson en haar pa, Jan Conradie, het in 2017 besluit om hul melkboerdery uit te brei deur hul eie kaas te begin maak. Foto: Verskaf

Melkboerdery is in my bloed. Sowat 65 jaar gelede het my oupa Otto Conradie die melkery begin. My pa, Jan (65), het daarmee grootgeword. Dit het uiteindelik ook oorgespoel na my, my suster, Maralize, en my broer, ook Otto. Ons het almal hier op die plaas buite Bloemfontein grootgeword. Ek en my gesin bly vandag nog hier. 

Ek was nooit by die boerdery betrokke tot voor ek begin kaas maak het nie. Dis maar my pa se ding.

Dit was een aand in 2017 toe dit my tref dat ek netsowel kan kaas maak want ons het mos die melk. Dit was ná ek tydens aandete ’n blok kaas opgetel en besef het hoe duur kaas regtig is. Daarby is ek van kleins af lief vir kaas en ons almal in die huis is groot kaaseters. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees