Maar my hart krimp ineen as ek aan die gevolge vir ons grootouers dink.
Ons is in hierdie pragtige land gebore, het hier opgegroei, ons lewe lank gewerk, getrou belasting betaal, die wette gehoorsaam.
Maar nou is my hart stukkend. As my kinders en kleinkinders op daardie vliegtuig klim, gaan ek hulle dalk nooit weer sien nie. Ons is nou al hoog in jare en leef net om by hulle te kan wees.