“Baie dinge het die afgelope tyd hier verander, veral dié dat ons meestal nie eredienste gehad het in die tyd van die pandemie nie.
Maar ek bly die klok deur die week lui. Elke dag om twaalf smiddae. Net om mense se spirits te lig. So saam met die noon gun wat daai tyd ook afgeskiet word. Ek wag vir die noon gun en dan trek ek die tou aan die klok dat die twee so saam-saam gaan.
Ons het twee dae ná die eerste lockdown daarmee begin. Ek lui hom volgens ’n spesifieke method. Drie luie, vier keer ná mekaar, en dan nege strokes. Dis volgens die Angelus-gebed wat ons sê.