
Soveel vroue gaan deur soortgelyke situasies, maar nie almal kom so sterk en selfversekerd anderkant uit nie.
Ek self het ’n klompie jare gelede (1997) besluit om weg te stap van die mishandeling in my huwelik. Aan die begin was dit moeilik, maar ek het deurgedruk en is vandag onafhanklik.
Albei my kinders is getroud, met hul eie besige lewens, en daar is twee pragtige kleinkinders. Ek woon alleen en rustig in my huis, bestuur my eie motor, werk as ’n seniorpersoon op ’n gholflandgoed, het ’n groot vriendekring en geniet my lewe soos ek wil.
Ek het rede om elke dag te glimlag. Ek kyk nie een oomblik terug nie en is oor niks spyt nie.
Want dit wat ek moes deurmaak, het my geleer om beter besluite te neem en om te weet wat ek uit die lewe wil hê.
Sterkte aan alle vroue wat nog in mishandelde verhoudings en huwelike is.
Mag julle die regte besluite neem wanneer die tyd aanbreek – voor dit te laat is.