Ek was nog altyd lief vir dans. ’n Mens sou kon sê om te dans is in my gene – dis nog altyd deel van my familie, veral Spaanse dans.
My eerste herinnering aan ballet was toe ek Giselle saam met my ma gaan kyk het. Ek kan nie eens onthou hoe oud ek was nie. Dit het my geïnspireer om ’n danser te word. My ma het my na soveel moontlik vertonings geneem, tog moes ek haar twee jaar lank smeek toe ek besluit het dis wat ek met my eie lewe wou doen.
Ek was vyf toe sy my die eerste keer na ’n balletskool toe gestuur het. Ek het toe al geweet, glo dit of nie.Kyk, ek’s mal oor alle vorme van dans. Maar dis die dissipline van ballet wat my hart gesteel het. Ek het al Ierse, hiphop, modern, kontemporêr, Afrika- en Spaanse dans gedoen.