L is vir liefde-podcast vertel konvensionele en onkonvensionele liefdesverhale, en elke eerste Vrydag van die maand stel ons nog 'n episode bekend.
Rika en Stephen is al byna 10 jaar lank getroud, maar toe Rika net 16 jaar oud was, het sy dié man, wat aan dwergisme ly, gesien en verlief geraak.
Luister na hierdie merkwaardige storie van dié egpaar. Hulle het ook drie kinders saam wat aan dwergisme ly. Rika is die enigste een in die gesin wie nie aan die siekte ly nie.