book-icon Uitgawe 28 November 2019

Leser: ‘Hou op vaskyk in my gewig . . .’

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Ek hoor mense gedurig sê: “Ek is vet . . . Ek eet al weer te veel.” Of iemand vertel vir iemand anders sus en so het vet geword.

Liewe mevrou, jy wat mense so neus-in-die lug aankyk, so asof hulle stink: Dink jy die mens wat jy so afkeurend aankyk, kom dit nie agter nie?

Mevrou, jy wat altyd so lelik van mense skinder oor hul gewig: Wie dink jy is jy?

Ek wonder of jy enige opregte vriende het. Kom terug aarde toe. Doen so ’n bietjie selfondersoek.

Kyk na mense vir wie hulle is, en nie hoe vet of maer hulle is nie.

Daar is pragtige mense, maer en mollig, wat ’n mooi persoonlikheid het. Dis mense wat nie op ander mense neersien nie.

Al ooit gewonder waarom sommige maer mense dolgelukkig saam met hul veel molliger lewensmaats is?

Want hulle sien die innerlike mooi raak; nie net die uiterlike nie.

Waardeer mekaar vir wie julle is. Moenie op mekaar neersien nie – dan sal almal se lewe makliker wees.

Daar sal ook nie so baie egskeidings wees nie. 

– Vettie  

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees