book-icon Uitgawe 24 Junie 2021

Leser: My geskeide seun, ek sien en verstaan jou seer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie: Getty Images/Gallo Images
Foto ter illustrasie: Getty Images/Gallo Images
My seun, as ek na jou kyk, is ek so trots op die manier hoe jy ’n man geword het.

Ja, daar was die minder goeie tye ook, soos die universiteitsloopbaan wat nie so mooi uitgewerk het nie, maar dit maak my nie minder trots nie.

Vandag is jy die pappa van twee pragtige kinders, maar ook besig om te skei omdat jy al so lank die pad alleen moes stap.

Daar was soveel drome, maar ek het ook gesien hoe die huwelik jou soms moedeloos gemaak het omdat jy eintlik maar alleen daarin was. Ek het gesien hoe jy ná ’n harde dag se werk tuis gekom het, van kop tot tone met olie besmeer, en nog gehelp het om die kinders te ver­sorg omdat jou maat lewensmoeg was.

Jou geld is uitgemors en dan het jy nog harder gewerk, maar nooit was dit genoeg vir haar nie. Sy het nooit gesien hoe jy werk of iets saam met jou gedoen nie, want sy het net nie belanggestel nie.

Haar buie, nukke en grille het jy ter wille van jou kinders verduur tot jy nie meer kon nie. Nou kry jy swaar, want jy mis daardie kinders so ongelooflik baie.

En eintlik wil hulle glad nie wees waar hulle is nie, maar die regstelsel is so onregverdig.

Weet dat ek jou seer sien en verstaan. Jy is die beste pappa en seun waarvoor ’n mens kan wens. Jy gaan en sal kry wat jy verdien: ’n maat wat jou sien vir wie jy is, en bitterlik lief is vir jou.

Ek gun jou dit met my hele hart.

H.

Deel jou storie met ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Bydraes vir  My Storie  moenie langer as 300 woorde wees nie.

Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in