Dit het gevoel of sy maar altyd daar was, en toe is sy weg – so asof sy nooit was nie. Die lewe is goud werd en dis in ’n oogwink verby, maar ons leef dikwels asof ons nie sterflik is nie.
Asof die gewoel en gelag van ons kinders altyd ons huise sal vul. Ons gaan binnekort weer die Kerstyd binne, wanneer almal aan geskenke dink.
Dink allereers aan die wonderlike geskenk wat God jou gegee het: jou kinders. Maak tyd, hou hulle styf vas, en weet dat hulle net vir jou geleen is.