book-icon Uitgawe 29 Julie 2021

Leser: Rommel herwin betaal vir die brood op my tafel

akkreditasie
My werk as kassier betaal nie genoeg vir my gesin om gemaklik te lewe nie. Ek het besef dat ek plan sou moes maak sodat ons elke dag die kinders se kosblikke kon vul.

Ek het gesien hoe baie mense wat werkloos is, oorleef danksy herwinning. Ek hou ook van ’n skoon omgewing, en toe besluit ek om deeltyds herwinbare materiale te soek en versamel.

Ek doen dit nou al meer as twee jaar lank.

Die geld wat ek uit herwinning kry, help my om brood en botter vir my kinders te koop.

Wat ek nie verstaan nie, is dat mense na jou kyk asof jy mal is wanneer jy herwinbare materiale optel.

Dit lyk nie asof hulle verstaan dat jy hul omgewing skoon maak nie.

Daar is niks verkeerd met iemand wat ’n klein inkomste verdien deur herwinning nie. Sonder hulle sou baie gemeenskappe in ’n morsige omgewing woon.

Maar ek het geleer mense kan jou net minderwaardig laat voel as jy hulle dit toelaat. Doen wat reg is vir jou solank dit wettig is.

M.J. Kubu

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees