book-icon Uitgawe 9 NOVEMBER 2017

Leser se roerende storie: ‘Kinders vra net liefde, erkenning en ’n drukkie’

akkreditasie
Foto: Pexels
Foto: Pexels

Naby die plaas waar ons woon, is ’n piepklein skooltjie, merendeels vir die kinders van arbeiders in die omgewing: Eersteling Farm Primary School, met 83 kinders en drie onderwyseresse.

Ons het dikwels daar verbygery, en elke keer het iets my na die skooltjie aangetrek. Verlede jaar het hulle skenkings vir die skooltjie begin vra en gou het hulle ’n TV, DVD-speler en ’n boks vol DVD’s ontvang. Bokse vol klere en kunsbenodigdhede het gevolg, alles in reaksie op ’n beriggie in die plaaslike Bloemfontein Courant.

Dis ’n geenskoolgeld-skool en die kinders is arm. Hulle kry iets te ete by die skool; gewoonlik pap met melk of soja. Ek het geen amptelike opleiding nie, maar gaan gee Donderdae lesse in kunsvlyt.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees