Leser skryf oor lyfstraf: 'Wat gemaak as die kind handuit ruk?'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pa en seun.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ek verwys na berigte oor lyfstraf wat onder geen omstandighede in skole en by kinders se huise toegelaat word nie. Ek stem saam wanneer dit by die mishandeling kom. Maar wat gemaak as die kind handuit ruk en ander kinders boelie en dissipline nie gehandhaaf word nie? 

Ek is grootgemaak om respek, dissipline en goeie maniere te handhaaf. Matige lyfstraf dwing respek af.

Ouerskap is ’n balanseertoertjie, en maklik is dit nie.

Om verantwoordelikheid te aanvaar vir die grootmaak van ’n kind en terselfdertyd na daardie kind te kyk met oë van begrip, is ’n uitdaging.

Dis om pal en gefokus op die balanseertou te bly terwyl jy jou oog op ’n paar balle tegelyk hou.

Mag ons Hemelse Vader ons ouers en onderwysers ryklik seën met sy mildelike liefde, genade, hoop, insig en deernis.

-Arnoldus Schoeman
Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in