Dit voel vir my of die geliefdes wat ons aan die hiernamaals moes afstaan, eintlik die sterker, “gesonder” klompie was.
’n Mens dink altyd die sieker mens in die huis is die eerste wat sal gaan – en toe die groot ontnugtering. So onverwags, soos in ’n fliek waar jy net oopmond en geskok kan sit en staar. Maar dis jou eie lewe wat op die skerm afspeel.
Anike, jy lê diep, diep in my hart en ek bewaar jou foto’s tussen die bladsye van my Bybel. Ek sal jou nooit vergeet nie, ek sal bly vashou aan jou warm, liefdevolle menswees.