Die dag toe ek die vrou van Delmas ontmoet wat aan my pa vasklou en my vyandig aangluur, het ek besef my pa het ons vervang. Dit het my soos ’n vuishou op my hart getref: Ek, my ma en my kinders beteken niks vir die man wat my pa was nie.
Die vrou van Delmas en haar dogter het goed oog gehou terwyl ek my ma se goed pak. Toe ek die laaste boks inlaai wat die kar kon vat, het die damwal gebreek.
Ek het op my pa geskreeu, al kon ek voel my woorde val op die grond sonder dat hy my seer hoor. Iets in my het net gebreek.