My dogter is een van vele jong mense wat deesdae sukkel om werk te kry en by gebrek aan iets anders by restaurante gaan werk vir die fooitjies wat hulle kry.
Dis harde werk, maar sy doen dit met geesdrif en vriendelikheid. Dan is daar families van sewe plus mense wat heerlik eet, maar hulle is ongeskik met die kelner wat op en af hardloop sodat hulle die aand kan geniet.
Tog is hulle dikwels ongemanierd met die kelners. Maar die arme kelner kan maar net aanhou met glimlag en respek betoon en hoop op die ordentlike fooitjie wat hulle so ryklik verdien.