My reis na selfaanvaarding ná brandwonde my gesig skaad

akkreditasie
Malibongwe Betela
Malibongwe Betela

In ’n hartroerende brief vertel Malibongwe Betela (20) in detail wat daardie aand gebeur het en hoe dit sy lewe onherroeplik verander het.

Ek het my aandete by my tannie se huis gaan haal – sy bly sowat 10 minute weg saam met my ma, en hulle het vir my gesê hulle het kos vir my.

Ek is daarna huis toe om so tussen sewe- en agtuur die aand in die bed te klim.

’n Rukkie later het ek skielik wakker geword en ek het dadelik geweet iets ernstig is fout. Dit was in die hartjie van winter, maar die kamer was baie warm.

Ek het toe besef wat aangaan: die hele plek was deur vlamme verswelg. Daar was elektriese drade aan die een kant van die bed en ek dink dit is wat die brand veroorsaak het.

Ek het uit my bed uitgespring en probeer om die bure te roep. Dit het gevoel of ek in die hel wakker geword het.

Ek het verstik aan die rook en daar was nie ’n manier uit nie. Ek het die deur probeer oopmaak, maar die handvatsel was vuurwarm – so warm dat ek my hande gebrand het toe ek daaraan gevat het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees