book-icon Uitgawe 17 Maart 2022
Deel

Ontstoke leser se brief: Liewe dokter, doen jy dit vir die saak of vir die geld?

akkreditasie
Aan die begin was jy die aangenaamste dokter op aarde. Jy wou ons help om ons drome van ’n kind van ons eie waar te maak.
Ter illustrasie.
Ter illustrasie. Getty/Gallo Images.

Niks was te veel moeite vir jou nie. Jy was positief en het ons moed ingepraat. Jy was sensitief vir ons gevoelens. Elke keer is ons met ope arms in die spreekkamer ontvang.

Maand ná maand het ons jou betaal. Elke behandeling duurder as die vorige. Maand ná maand is ons teleurgestel.

Toe raak ons geld op. Ons harte gebreek; ons drome was vernietig. Maar skielik het jy, meneer die dokter, nie meer omgegee nie. Skielik het jy in ’n ander mens verander. Een wat veroordeel. Een wat ons laat voel dis ons skuld dat ons nie kinders kan hê nie. Weg was die sensitiwiteit. Weg was die verwelkoming by jou praktyk.

Jy en jou kollegas het ons minderwaardig laat voel. Maar ons was goed genoeg om daai laaste rekening te moes betaal. Julle kon nie wag om dit te stuur nie.

Ek wonder waaroor dit regtig vir jou gaan. Gaan dit regtig vir jou oor die pasiënt en hul drome, of gaan dit vir jou net oor die geld? Hoeveel pasiënte het al so deur jou spreekkamer se deure geloop? Weerloos. Ontbloot. 

Vir hoeveel pasiënte het jy eintlik vals hoop gegee net sodat jy nog meer geld kon verdien? Op hoeveel mense se weerloosheid het jy al so getrap?

Ek hoop al die geld wat mense se mislukte drome jou in die sak bring, is die moeite werd vir jou. Ek hoop dit maak jou baie gelukkig. Jy gaan aan asof jy God is, maar eendag gaan jy verantwoording moet doen. Ek hoop net ander pasiënte sien ook betyds deur jou.

Deel jou storie met ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Bydraes vir My Storie moenie langer as 300 woorde wees nie.
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenoot se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees