“Ek sit dikwels saans hier op die agterstoep en ervaar net die reuk van al die blomme wat in die lug om die huis hang. Daar is mense wat sê dié blommetjie ruik soos sjokolade en dáái blommetjie soos heuning, maar ek is te dom daarvoor – vir my ruik dit net lekker!
So met die sit op die agterstoep besef ek oor en oor dieselfde ding: Blomme en plante bring rustigheid binne jou, dit maak nuwe vriende en dit sorg dat die lewe sommer net lekker is.
Sonder blomme sou ons lewe maar alte saai en droewig gewees het, nie waar nie? Dis mos hoekom die Skepper dit alles vir ons gegee het: om te geniet en ons siel te voed.