book-icon Uitgawe 28 Oktober 2021

Pretoria se klavier-‘fluisteraar’: Toe vind my pa rolle en rolle geld in 'n klavier

akkreditasie
Werner Stolze
Werner Stolze

Dit gebeur soms dat iemand ons kantoor bel, en wanneer ons die telefoon antwoord met “WS Pianos, goeiedag?”, sal die inbeller sê: “Jammer, verkeerde nommer. Ek is eintlik op soek na die piano whisperer!” Dít kom nadat ’n publikasie hier in Pretoria die bynaam ses jaar gelede vir my in ’n artikelopskrif gegee het. Nou gebruik al hoe meer mense dit.

Ek is trots om te sê dat ek vandag die vierdegeslagklavierstemmer en -restoureerder in ’n familiegeskiedenis is wat terugstrek na 1919, toe my oupagrootjie Willy Hutzelmann die familiefabriek in Eisenberg, Oos-Duitsland, gestig het. My oupa Kurt Stolze het daar in sy voetspore gevolg, maar in 1953 het hy en sy gesin na Suid-Afrika geïmmigreer. My pa, Wilfried, het weer by hom oorgeneem en so is ek in 1979 hier in Pretoria gebore.

Ek was permanent by hom, die fabriek was my speelplek en ou klavierwrakke was my klimrame. So op ouderdom 15 kon ek al basiese klavierherstelwerk en -stemwerk doen, en vir my was dit toe net logies dat ek weer eendag in sy voetspore sou volg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees