Die hout is al glad verweer en die gekerfde patrone daarop nie meer oral duidelik nie, maar dit is ’n kalmerende ervaring om oor die groefies te streel.
Die figuur is ’n mannetjie met sy arms en hande toegevou onder sy ken. Hy het ’n peinsende uitdrukking op sy gesig en ’n lang, tradisionele jurk aan.
Hou jy die mannetjie regop, lyk dit of hy met uitgestrekte arms bid na bo. Draai jy dit dwars, lyk dit of hy vlieg of vorentoe duik.