Terwyl hy die dinge doen wat net mense wat slim is met rekenaars kan doen, wys ek vir hom my foon. Dié is stokoud en vol streke.
“Your phone is dying. It’s begging you to help it,” sê hy. Ek verduidelik vir hom ek is geheg aan my foon; ons het al baie dinge saam beleef. Hy sê dis lankal tyd om op te gradeer, en dis maklik om oor te skakel.
Ek skop vas. Is sulke dinge nie vir jou ook moeilik en frustrerend nie, vra ek. Hy lyk geamuseerd. “No, I don’t live that life,” sê hy. Woerts-warts los hy die probleem op my rekenaar op.