book-icon Uitgawe 26 Mei 2022

Redakteursbrief: ‘Ek hoop my agter-kleindogter sal in SA woon’

akkreditasie
Yvonne Beyers.
Yvonne Beyers.

Die “Beyers-broers” het taamlik stug gelyk. Ek het baie na daardie skildery gekyk, maar kon nie iets sien wat gelyk het soos die gelaatstrekke van my familie van vandag nie. Iewers het ons gene ander draaie gestap.

Ek het daaraan gedink toe ek die ­fassinerende onderhoud lees met die genealoog Isabel Groesbeek. “Mense vra my altyd waar begin jy?” vertel sy. “Hulle wil weet waar kom hul familie vandaan. Ek raai hulle aan om eerder by hulself te begin. Teken jou eie geskiedenis op vir die nageslag.”

Waar begin my familiegeskiedenis soos ek dit ken? By my pa se plaasouma Josie, wat nog ossewa gery het, en sy slim ouma Nell, wat dood is toe my ouma jonk was. By my ma se liewe ouma Maggie, wat alleen drie kinders moes grootmaak ná haar man dood is, en haar hartseer ouma Suzie, wat eintlik my ouma se grootmaakma was. By die stories wat my ouers vertel van toe hulle klein was – stories oor die dinge wat die grootmense gesê en gedoen het, of ver­swyg en dalk gevoel het. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

11 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in