Sy linkerknie is pas vervang en boonop moes hy – toe Suid-Afrika in die kake van die covidpandemie gewikkel was – die deure sluit van die geliefde teater waar hy ’n kwarteeu lank gewoeker het.
Maar die teaterlegende Pieter-Dirk Uys kyk op 77 net vorentoe.
Al is hy “Evita se Perron” in Darling kwyt, het hy nog lank nie die (nou) silwerwit pruik van sy alter ego, tannie Evita Bezuidenhout, weggepak nie.