Dis fantasties, sê ek, van wie het julle geleer? Raai, sê hy. Madiba? vra ek. “Nee.”Gandhi? “Ook nie.” Florence Nightingale? waag ek. Hy lyk verstom en roep beïndruk: “Hoe ken jy so baie leiers?”
Die leier oor wie my kind daardie dag geleer het wás toe Florence Nightingale. Hy ken teen dié tyd ’n hele paar meer, deels te danke aan Huisgenoot se lieflike nuwe handelsmerkuitbreidingtydskrif SA Helde.
In dié trots Suid-Afrikaanse glanstydskrif skryf ons oor sowat 140 baanbrekers wat grense versit het. Dit is mense wat ons wêreld verander het of ons land trots verteenwoordig op die wêreldverhoog.