Dit kom met vreugdes en afwagting, maar ook met onsekerheid en frustrasie. En natuurlik wag daardie laaste hekkie: die eindeksamen.
Die laaste kwartaal is een van hersien en leer, stres en dae aftel. En dan – dán breek die eintlike oorgang aan.
Want ná die matriekvakansie is dit tyd vir grootmensbesluite: Werk of studeer, uittrek by jou ouerhuis en elders aanpas of bly onder ma se dak? Vryheid wink, maar ook soms die spanning of sleurwerk van selfstandigheid.