Hoe help ons ons kinders om gereedskap vir daardie nuwe landskap in te samel? Om goeie besluite te neem? Om geleenthede te ondersoek en na te dink oor hul opsies, en ook om te dink oor die dinge wat hulle nog nie ken, verwag of van weet nie? Hoe gee ons vir hulle die inligting waarmee hulle hulself kan bemagtig?
Ons nuwe handelsmerkuitbreidingstydskrif Huisgenoot Loopbane is gerig op hoërskoolleerders, skoolverlaters, studente en jongmense wat groot toekomsbesluite moet neem – dis ’n omvattende, goed nagevorsde gids vol kennersraad wat enigiemand sal help om te bepaal watter loopbaangeleenthede wink, hoe om dit na te streef, hoe om ’n droomwerk los te slaan, en hoe om op die werkplek voor te berei. Dit bevat ook ’n nuttige afdeling oor beurse en lenings en inligting oor hoe om jou studies te befonds.
Dis ’n moet vir enigiemand wat binnekort die werkmark wil betree (of ’n loopbaanverandering oorweeg).