Sy is een van ’n tweeling en het met geboorte net 1,3 kg geweeg, maar sy was van haar eerste dag in hierdie lewe vasbeslote om te oorleef. Sy is die kosbaarste besitting wat Liewe Jesus vir ons geskenk het. Haar lewensvreugde straal uit haar groot ogies.
Vir dié ouma het sy geleer dat dit die klein dingetjies in die lewe is wat saak maak. Geld en wêreldsgoed het weinig waarde in vergelyking met die liefde wat party mense vir ander het. Sy sal altyd ’n blommetjie pluk en blindelings aan enigiemand gee wat oor haar pad kom.
Sy is ’n besonderse klein meisietjie met wonderlike eienskappe. So klein soos wat sy is, sal sy altyd sê: “I love you so much.” Sy is vir ons almal ’n groot inspirasie en haar liefde vir “Baby Jesus” is oorweldigend. Ek weet ons Hemelse Vader sal ons engeltjie styf vashou. Ek kan my nie ’n lewe sonder haar indink nie.