"Hulle het nou die dag by die shop hier op die dorp vir my gesê ek moet turksvye heel inmaak. Ek sukkel nie so baie met ’n turksvy nie. Ek maak dit myselwers skoon met ’n mes. Niemand doen dit vir my nie, want ek weet goed van die dorings.
"Voor my huisie is daar ’n boom met geelperskes en agter in die jaart ook. Daar onner by die draad is dit appelkosies. Lekker grotes. Sommer so rondom my huisie waar die Here dit vir my gegee het om ’n lewe te maak.
"Elke jaar maak ek 24 liter jam met my eie hande. Net appelkoos. Ek sny hulle skille af en sit dit in die kookwater dat dit nie swart raak nie.