book-icon Uitgawe 17 Oktober 2019

Warmgloede, ekstra rolletjies . . . só het menopouse my lewe gesteel

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Ek word die oggend drieuur wakker. Nie omdat ek ’n voorbeeldige vrou is wat haar man later op ’n vyfgangontbyt wil trakteer nie.

Dis omdat my kussing en nek klam is van die sweet in die middel van die winter. Al slaap ek poedelkaal.

In die badkamer vermy ek die ouderdomsvlekke op die gesig in die spieël, maar kyk in die breër middellyf vas. Alles pak mos daar saam. Genugtig, dis nie ’n mooi prentjie nie en ek maak eerder my oë toe – en loop in die deurkosyn vas.

Eina! Nou is manlief boonop wakker van die lawaai. Vinnig kombuis toe om water te gaan drink, maar daar gekom, roep die yskas my.

Nog ’n happie in die mond, nog ’n kilo op die heupe, en o wee, die klere wat reeds nie pas nie.

Dit is net waaiers en dun klere in die kas.

Wanneer sal ek dan weer my lekker jas kan dra? Vir seker nie in dié fase van my lewe nie.

Menopouse, jou aaklige ding, jy’t my lewe kom steel.

– Meisie van so 52

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees