Ronald Lamola (38), minister van justisie en korrektiewe dienste, sal in Desember by die ANC-konferensie mik om die adjunkpresident te word van die ANC, en dus Suid-Afrika – al moes hy hoor hy is te jonk vir hierdie rol.
’n Bron in Lamola se binnekringe het Maandag aan Huisgenoot bevestig dat Lamola wel sy hand vir hierdie senior pos opgesteek het.
Dit kom nadat Lamola die naweek by ’n byeenkoms in Mpumalanga aan jong mense gesê het dat hy gehoor het hy is gans te jonk vir ’n toppos in die ANC.