book-icon Uitgawe 3 Februarie 2022

Kaapse kunstenaar tower R20-rakette om in kunswerke van R12 000

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Danielle Clough van Kaapstad se borduurwerk het al in Vogue en die reeks My Next Guest Needs No 
Introduction with David Letterman verskyn. Foto: Gallo Images/Corrie Hansen
Danielle Clough van Kaapstad se borduurwerk het al in Vogue en die reeks My Next Guest Needs No Introduction with David Letterman verskyn. Foto: Gallo Images/Corrie Hansen

Die kunswerke teen die mure van die oopplan-woonstel is ’n ontploffing van kleur en kreatiwiteit.

Van ’n ent weg lyk dit soos skilderye met fyn strepies verf, maar staan ’n bietjie nader en dit tref jou: die kleurvolle strepies is inderwaarheid van garing of wol.

Dis borduurwerk, ja, maar Danielle Clough se handewerk herinner ’n mens allermins aan teetyd by Ouma. Dis vars, modern en gewild onder kopers, veral die kunswerke waar sy houtrakette as “raam” gebruik vir haar borduur-ontwerpe: blomme, plante en ’n slak in technicolour; ’n kopbeen in blou . . . enige kleur waarvan jy kan droom “groei” tussen die snare deur.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees