book-icon Uitgawe 19 Mei 2022

Kaapse ma verpletter ná 2 maande oue baba se ontvoering: 'Hoe kon ek my kind verloor?'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FB
FB

Dit sou haar heel eerste Moedersdag saam met haar jongste wees. Maar pleks van ’n dag van samesyn met die twee maande oue Ky-Isha en haar ses sibbes was daar vir Francis Meniers net verdriet, vrees en verlange – en die swaar las van selfverwyt.  

“Om soggens sonder haar op te staan is verskriklik,” sê Francis. “Sy lê gewoonlik langs my in die bed en nou is sy nie daar nie. Ek kan nie slaap nie. Ek lê en dink heeltyd: Hoe kon ek my kind verloor het?” 

’n Week is verby sedert klein Ky-Isha na bewering by ’n winkelsentrum in Bishop Lavis uit haar stootwaentjie ontvoer is. Francis het ’n vreemde vrou in haar vertroue geneem om na Ky-Isha en twee van haar ander kinders om te sien toe sy gou in die winkel ingeglip het. Toe sy weer buite kom, was net haar twee seuns en die leë stootwaentjie daar. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees