Mariam Essop se stem breek terwyl sy teenoor Huisgenoot haar hart oopmaak oor hoe Reza Yon, haar seun, deur die branders meegesleur is en verdrink het toe hy tieners in die see by Mnandi-strand – naby Mitchell’s Plein, Kaapstad – te hulp gesnel het.
Die 48-jarige vragmotorbestuurder het glo sonder om twee keer te dink die onstuimige seewaters met sy branderplank aangedurf en drie seuns veilig bo die water gekry voor hy self tragies deur die see ingesluk is.
Sy liggaam is later in die branders gevind en pogings om hom by te bring was onsuksesvol. Reza – 'n pa van vier kinders – is op die toneel dood verklaar.