book-icon Uitgawe 26 Mei 2022

Kaapse verpleegster tem dodelike skieter: ‘My plig is om lewens te red’

akkreditasie
FB
FB

Wanneer ’n mens nader stap en wil groet, glimlag sy, maar ignoreer die hand wat jy na haar uitsteek. “Ag nee, niks van daai nonsens nie,” sê sy en maak haar arms oop vir ’n drukkie.

Dís wie suster Diane Seale is. Sy straal omgee en lewenslus uit, en dit versprei van haar af deur die gange van die New Somerset-hospitaal in Kaapstad en spoel oor tot in die sale van dié hospitaal waar sy al 43 jaar werk.

Die 61-jarige senior verpleegster is ook goed daarmee om kalm te bly onder druk, iets wat haar goed te pas kom in haar werk as bedryfsbestuurder van die pediatriese saal in New Somerset, Suid-Afrika se oudste hospitaal. En al dié eienskappe het netjies saamgewerk in ’n dramatiese voorval wat binne oomblikke van Diane ’n nasionale held gemaak het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees