Wel, volgens mense wat urinoterapie beoefen, is daar iets anders wat die dokter kan laat wag: om daagliks ’n dosis van jou eie piepie te drink.
Die ontluikende verskynsel behels dat jy jou urine vir medisinale of kosmetiese doeleindes aanwend of inneem – en diegene wat die leefstyl aangeneem het, soos Harry Matadeen, sweer by die genesende eienskappe daarvan. Harry, van Brittanje, het as behandeling vir sy geestesgesondheidsprobleme sy urine begin drink.
“Toe ek begin, het ek hierdie verhoging van bewussyn ervaar en geweet my lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. Dit het my brein wakker gemaak en my depressie verwyder. Ek het ’n nuwe sin van vrede, kalmte en vasberadenheid ervaar. Hoekom is ek geleer dit is afval? Dit is nie, dit is baie cool,” sê hy.