Greta Moodie, Mike se vrou, het Dinsdagoggend dié hartseer nuus in die sosiale media gedeel.
In sy laaste onderhoud met Huisgenoot het die gewilde en uitgesproke ekonoom, Mike Schüssler, te midde van die pandemie vertel hoe hy die regering kaalvuis aanvat om die droewige impak van die streng inperkingsmaatreëls op die land se ekonomie aan die groot klok te hang.
Mike was die eienaar en hoofekonoom van Economists en was ’n voormalige wenner van die Netwerk24 en die Afrikaanse dagblaaie se Ekonoom van die Jaar-kompetisie.