Kankerskok vir gesondheidswerker-ma en dogter 5 weke uitmekaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Ma en dogter wat albei vir die Britse nasionale gesondheidsdiens (NHS) werk, het vyf weke uitmekaar gehoor hulle het fase 3-kanker.
Margaret Wallace en haar dogter, Maria O’Neil.
Margaret Wallace en haar dogter, Maria O’Neil. Foto: Caters News/Magazinefeatures.co.za

Toe Margaret Wallace (55) nie kon eet nie, want sy het skielik “versadig” gevoel, het sy aangeneem sy is gespanne omdat borskanker vroeër by haar dogter, Maria O’Neil (28), gediagnoseer is. 

Maar vyf weke later is eierstokkanker ook by Margaret, ’n NHS-spanleier van Coatbridge, Skotland, gediagnoseer.

Maria, ’n verpleegster, het drie rondtes chemoterapie gekry, terwyl Margaret op ’n aksieplan van haar onkoloog wag.

“In Mei het ek ’n knop in my bors gevoel terwyl ek verbruiningsmiddel in die stort afgeskrop het,” sê Maria. 

“Ek het niks gesê nie, want dit was my ma se verjaardag en ek wou dit nie bederf nie.

“Maar ’n paar dae later het ek dokter toe gegaan en hulle het vir my gesê ek moet my nie bekommer nie, want ek is net 27.

Maria, wat ’n verpleegster is, het drie rondes che
Maria, wat ’n verpleegster is, het drie rondes chemoterpie gekry, terwyl Margaret op ’n aksieplan van haar onkoloog wag. Foto: Caters News/Magazinefeatures.co.za

“Hulle het aangeneem dit sou ’n sist wees en my op ’n nie-dringende waglys vir die borskliniek geplaas. 

“Maar in die weke wat gevolg het, het die knop gegroei en begin seer word.”

Op 14 Julie is fase 3-borskanker by haar gediagnoseer. Dié soort borskanker word as aggressief beskou.

“Ek het niks slegs verwag nie, want ek het gehoor ouderdom is aan my kant. Maar ek het gou besef kanker diskrimineer nie en gee nie om of jy familie het nie.”

Maria en Margaret saam met Maria se dogtertjie.
Maria en Margaret saam met Maria se dogtertjie. Foto: Caters News/Magazinefeatures.co.za

Maria voeg by sy het haar ma aangemoedig om dokter toe te gaan toe sy begin sleg voel het en hulle was geskok toe kanker ook by haar ma gediagnoseer is. 

“Dit voel onwerklik, want kanker loop nie eens in ons familie nie,” vertel Maria.

“Ons probeer so positief moontlik bly vir my tweejarige dogtertjie, Mila, wat te jonk is om te verstaan.”

Maria en haar ma deel 'n hegte band.
Maria en haar ma deel 'n hegte band. Foto: Caters News/Magazinefeatures.co.za

Maria moedig vroue van alle ouderdomme aan om op datum te bly met hul mediese ondersoeke en om nie te huiwer om na jou huisdokter toe te gaan as jy enige knoppe of bulte in jou borste voel nie.

Dit kan jou lewe red, benadruk sy.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees