Maar Simon Ince (62), van Somerset-Wes, is nie sommer enige ou nie – hy is pas in die Guinness World Records verewig as die oudste mens om dié “ysbeertoertjie” te voltooi.
Dit was nog stikdonker toe Simon op 20 Februarie vel natmaak by Miller’s Point, naby Simonstad. En toe begin hy swem, en swem, en swem . . .
“Dit was 05:30 en dit was donker. My beplande roete was 33 km – om van Miller’s Point tot by Rooi-Els te swem. Dit het my 10 uur en 42 minute gevat om dié afstand te swem,” vertel hy later aan Huisgenoot.