Een keer het Mianke van den Hever byvoorbeeld ’n perd reggedokter wat so goed as dood was.
“Daar was ’n vulletjie wat byna deur die ma-perd doodgeskop is,” vertel Mianke se pa, GP. “Mianke het haar gevat en grootgemaak, vir haar kunsbies (kos vir babadiertjies) aangemaak en alles. Vandag is daar ’n onbreekbare band tussen haar en daardie perd.”
In ’n boek wat pas verskyn het, vertel Mianke (nou 28), van ’n Karooplaas by Hanover, van haar byna sprokiesagtige verhouding met diere. Hoewel sy downsindroom het en nie kan lees en skryf nie, het sy ander kennis wat vir baie ander mense nie beskore is nie.