Die eerste aardbewing van 7,8 op die Richterskaal het Maandagoggend vroeg die suide van Turkye en noorde van Sirië getref en is ure later deur nog ’n 7,5-skudding gevolg. Teen Dinsdagmiddag het die algehele dodetal 5 000 oortref, sowat 3 420 in Turkye en meer as 1 600 in Sirië.
Dit is blykbaar die dodelikste aardbewing in Turkye in meer as twee dekades.